Wat is hipnose, hoe werk dit, wat sê die Bybel daaroor?

Antwoord

God het ons ‘n gesonde verstand gegee, en met hierdie verstand moet jy onderskei tussen goed en kwaad. Jy moet besluit wat reg en verkeerd is. Jy moet die geeste toets met hierdie verstand wat die Here vir jou gegee het, en derhalwe wil Hy nie hê dat jy enigiets gebruik of misbruik wat jou verstand benewel nie. Daar is baie tekste daaroor in die Bybel, jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees. Hoeveel te minder of hoeveel te meer sal Hy wil hê dat jy toelaat dat jy jou verstand prysgee en oorgee aan iemand anders se beheer. Dit is hipnose. Hipnose is die proses waar jy jou kognitiewe prysgee, en jy deur iemand anders beheer kan word. Die gevolgtrekking is dus dit is demonies.

 

Tagged:

Leave a Reply