Hoe gaan ek weet wanneer ek reg is om gedoop te word?

Antwoord

“Bekeer julle” sê die Bybel en laat julle doop. Die Bybel se opdrag is: leer hulle en doop hulle. In die ou dae het die Jode, in die begin van die Christelike bestel, die reëls en regulasies geken en was geskool in die wet ens. Maar hulle het nie geweet wie die Messias was nie. As hulle toe vir Jesus aanvaar het, dan was dit genoeg, want hulle het die Wet gehad, en toe het hulle die Messias bygekry dus kon hulle gedoop word. Vandag het ons die teenoorgestelde probleem, die mense weet wie Jesus is maar ken nie meer die reëls en riglyne nie. So as dit destyds nodig was om by die reëls en riglyne die Messias te voeg, dan is dit sekerlik vandag ook noodwendig nodig om by die Messias die reëls en riglyne te voeg. Wat is nodig om gedoop te word? Bekeer jou. Jy kan jou nie bekeer as jy nie weet wat reg en verkeerd is nie.

Wat is die kriteria?

Wat sê die Wet en wat sê die Bybel – Aanvaar ek dit? – JA

Wil ek my lewe verander en in harmonie daarmee bring? –  JA.

Aanvaar ek vir Christus as my Verlosser – JA.

Dan kan jy die kriteria vervul om gedoop te word.

Leave a Reply