Die 144 000 – Letterlik of Figuurlik?

Antwoord

As dit letterlik is, dan is sekere stamme uitgelaat. Want die stamme word gelys, stam Dan is nie daar nie, maar as jy in die Ou Testament lees van Daniël se groot manne wat daar genoem word, God’smanne, wat van die stam van Dan? (Open. 7:4-8)  Hulle kan nie net die hele stam uitlos as verlore nie, omdat die stam een van die eerstes was wat afvallig geword het. Dit is maar net ‘n verwysing dat as jy afvallig word dan kan jy dalk geskrap word uit die Boek van die Lewe, maar die stam Dan in sy geheel is defnintief nie geskrap nie. Myns insiens is dit ‘n simboliese getal van diegene wat die laaste boodskap bring. Die luide roep waarvan die Bybel praat, wat gaan aan die ganse wêreld, elke volk, stam en nasie. Almal wat die stem hoor, sal uit Babilon uitkom en daar sal een groep wees wat die waarheid, dit is hulle wat Christus, die wet en die Woord as waarheid aanvaar. Terloops die Bybel sê ek het die getal gehoor maar ek het ‘n groot menigte gesien. (Open. 7:9)

Tagged:

Leave a Reply