Gesondheid: Wat is gesondheid? Die samelewing het ‘n verdraaide begrip van gesondheid. Miskien moet ons liewers vra, wat is gesondheid nie? Dis nie die volg van ‘n sekere dieët, of die drink van sekere vitamine of die hongerly om maer te word nie of die drink van voorkomende medisynes om dalk nie siek te word nie. Volkome gesondheid bestaan uit die onderhouding van agt (8) basiese gesondheidsbeginsels. As hierdie beginsels nagekom word, versterk dit die gestel in so ‘n mate dat siektes iets van die verlede kan wees. Dit help nie net om een of twee of selfs sewe van die agt te onderhou nie. Al agt moet nagevolg word vir volkome gesondheid. Daar sal wel ‘n verbetering in die gesondheid intree as sommige van die beginsels nagevolg word, maar die resultate is verbasend as al agt streng onderhou word.

Wat is nou die beginsels? Dit bestaan uit: (1) Behoorlike voeding, (2) genoegsame oefening, (3) voldoende water inname, (4) daaglikse sonlig, (5) matigheid, (6) voldoende vars lug , (7) behoorlike rus en (8) ‘n verhouding met, en vertroue in God. Dis maklik om te onthou met die engelse afkorting:

NEWSTART:
N
utrition
Exercise
Water
Sunlight
Temperance
Air
Rest
Trust in God

Dit vereis dus ‘n heeltemal nuwe begin (new start)

Goeie gesondheid is dus ‘n leefstyl. En soos dit normaalweg met goeie dinge is, gebeur dit nie oornag nie. Kits oplossings hou gewoonlik nie lank nie, maar wanneer die lewensstyl aangepas word volgens die agt beginsels hierbo, is die resultate letterlik van ewigheidsduur.
Ons kyk na hierdie beginsels afsonderlik en sien dat hierdie agt beginsels deur die Bybel aanbeveel word.

Leave a Reply