Sonder sonlig kan die lewe soos ons dit vandag ken glad nie bestaan nie. Dit is bewys dat groente en vrugte wat blootgestel word aan direkte sonlig, baie beter groei as die wat blootgestel word aan kunsmatige lig soos in kweekhuise. Dieselfde geld ook vir die mens. Diegene wat nie daagliks aan genoeg direkte sonlig blootgestel word nie, ondervind swakker gesondheid. Die ultraviolet strale is kiemdodend en besit die vermoë om bakterieë, virusse, swamme en skimmel te vernietig. Sonskyn is die mees natuurlike en doeltreffende ontsmettingstof of dan kiemwerende middel. Dit is ook een van die mees effektiewe genesende middels tot ons beskikking. Aangesien glas normaalweg ongeveer 95% van die ultraviolet strale blok, is dit ’n goeie idee om daagliks die huis se vensters oop te maak en die gordyne wyd oop te trek sodat hierdie strale kan inkom.Ultraviolet strale dood ook kieme op die vel. Vir hierdie rede is sonbehandeling ’n goeie oplossing vir baie velprobleme.

Sonlig ontsluit die vitamines in ons voedsel. Sonder die son se strale, kan ons nie die volle waarde van ons voedsel ontvang nie.Deur die proses van fotosintese, gee die son aan die plante die vermoë om koolstofdioksied en suurstof uit die lug te neem, dit te kombineer, en so die basiese voedsel te voorsien waarvan meeste dinge leef. Hierdie proses gebeur deur die groenagtige stof in plante genaamd chlorofil. Die mens kon nog nie eintlik hierdie proses presies verstaan nie, wat nog te sê probeer namaak. Sonlig bestaan uit verskillende soorte energie soos byvoorbeeld kosmiese, gamma, x-strale, ultraviolet, infra-rooi en sigbare lig in verskeie kleure. Die hitte van die son help ook om die natuurlike meer gesonde olies in die liggaam na die oppervlakte van die vel te bring, en so word die vel beskerm. Energie in die sonstrale reageer met sommige stowwe in die mens se vel, en verander so hierdie stowwe in die baie belangrike vitamien D wat ons liggame nodig het.

Sonlig hou ons bloed warm en suiwer en verskaf so lewe-gewende energie aan die hele liggaam. Die brein word gevoed deur sonlig-verrykte bloed, en ons liggame word versterk deur die son se energie. Siekes vind groot baat by sonlig, as gevolg van die son se helende kwaliteite.

Leave a Reply