Vir baie jare was fisiese oefening geassosieer met gesondheid. Vandag bevestig die wetenskap dit met oorweldigende bewyse dat mense met ‘n aktiewe lewensstyl ‘n kleiner kans het om vroeg te sterf  of groot siektes soos hartkwale, diabetes en kanker te ontwikkel.

Die wetenskap bewys dat gesonde oefening die volgende kan vermag:

  • Verhoogde goeie cholestrol vlakke
  • Verlaag hoë bloeddruk
  • Verbeterde liggaamsamestelling deur vet te verbrand
  • Bevorder gesonde bloedsuiker vlakke
  • Verhoog beendigtheid
  • Verbeter die imuunstelsel
  • Verbeter die gemoedstoestand en verlaag die kanse vir depressie

Ten spyte van hierdie sterk wetenskaplike bewyse om aktief te bly, vind baie mense dit moeilik om hulle daaglikse program aan te pas om fisies aktief te word. Die neiging dat meeste van die beroepe deesdae die sit voor ‘n  skerm vereis, help ook nie om aktief te wees nie. Studies het bewys dat die sittende onaktiewe lewensstyl die risiko van ‘n hartaanval of beroerte verhoog met dieselfde hoeveelheid as iemand wat rook.

Mense hou baie redes voor vir hierdie onaktiewe lewensstyl. Hier is ‘n paar:

  • Gebrek aan tyd as gevolg van werk of familie verpligtinge
  • Die koste van oefenapparaat of  gimnasium lidmaatskap
  • Die gebrek aan oefen fasiliteite naby
  • Persoonlike veiligheid wanneer alleen in die buitelug geoefen word
  • Slegte weer on slegte beligting om in die aand te oefen

Daar is beslis maniere om die bostaande te bowe te kom. Baie mense word negatief in hierdie opsig, want hulle dink dat slegs kragtige oefening of om ‘n sport te beoefen geld as gesonde aktiwiteite. Die teendeel is egter waar. Aansienlike gesondheidsvoordele kan bereik word sonder spesiale toerusting, sportiewe vaardigheid of amper sonder om te sweet. Die wetenskap het bewys dat dertig minute se flink stap daagliks, genoeg is om gesondheid drasties te verbeter en siektes te voorkom.

Gereelde oefenig beinvloed ook hoe jy lyk en voel. Saam met ‘n gebalanseerde dieet kan oefening bydra tot ‘n gesonde liggaamsgewig. Dit verhoog ook selfbeeld en verlaag so die kanse vir depressie. Gereelde oefening help ook dat jy beter slaap snags.

So hoeveel is genoeg oefening. Dertig minute of omtrent 4 km se flink stap is heeltemal voldoende. Jy moet net voel dat jou liggaam matig warmer is, en dat jy effens uitasem is. Tydens die oefening moet jy nog normal kan praat, sonder om tussen woorde te snak na asem. As jy lank onaktief was, en dertig minute klink na baie, is daar goeie nuus vir jou. Korter sessies, byvoorbeeld drie van tien minute elk, tel ook dan bymekaar as dertig minute, en die resultaat is dieselfde. Dit is belangrik om stadig te begin.

Deur net jou daaglikse gewoontes te verander kan ook ‘n groot verskil maak.

  • Neem die trappe in plek van die hysbak
  • Vir kort afstande, loop daarheen in plaas van te ry.
  • Doen werkies in en om die huis ekstra vinnig
  • Werk self ‘n bietjie in die tuin al hark jy net die blare op.

Oefening moet pret wees, so kies ‘n aktiwiteit waarvan jy hou. Al hou jy baie van die aktiwiteit, gaan daar nog dae kom wat jy nie spoed gaan hê om te oefen nie. As dit kom by gemotiveerd bly, is dit net so belangrik om jou brein te oefen as jou liggaam. Stel vir jouself doelwitte en hou hulle “SMART

  • Spesifiek
  • Meetbaar
  • Achievable – Bereikbaar
  • Realisties
  • Tyd gebaseer

En bo alles GENIET DIT. Oefening stel chemiese stowwe in die brein vry, onder andere “Serotonin”, wat ‘n groot uitwerking op die gemoedstoestand het. Dit verminder angs, stress en depressie. So wanneer jy nie voel om te oefen nie, dink net hoe goed jy gewoonlik voel na die oefening.

Leave a Reply