VREEMDE VUUR 

Waarom was die teen-hervorming so suksesvol? Hoe is dit moontlik dat die Hervorming en alles wat dit verteenwoordig, so maklik eenkant toe geskuif kan word? Die Bybel gee duidelik sy eie antwoord. Dwaling en misleiding het ’n groot rol gespeel. Die gees van eenheid wat die kerke beheer, is op emosies gebaseer eerder as waarheid, en dit sal sorgvuldige studie verg ten einde die waarheid van die leuen te onderskei. Om die leuen te openbaar, is ’n pynlike ondervinding; dit is nie die voorneme om hier enige geloof te kleineer nie, maar aangesien daar siele op die spel is, is dit noodsaaklik dat ons die Skrif bestudeer en streef om in harmonie daarmee te wees.

Voor Vatikaan II was die meeste Protestante lugtig vir Rome, maar Vatikaan II het dit verander. In werklike terme het Vatikaan II nie die posisie van Rome gewysig nie, maar die indruk van Rome is verander. Die vraag is: hoe is dit bereik? Die enigste manier om mense weg te lok van leerstellige kwessies is om hulle bloot te stel aan belewenis-godsdiens.  Daarom het Vatikaan II riglyne en voorskrifte uitgereik rakende die aanbiddingstyl wat deur die kerke aanvaar moes word. Voortaan moes die kerkgemeenskap meer kerkdienste bywoon en meer deelname hê aan aanbiddingsprosedures. Daar moes ’n skuif wees weg van tradisionele preke en meer gekonsentreer word op die lees van Psalms en uittreksels uit die evangelies. Populêre musiek moet in die dienstye ingevoer word en fisiese bewegings van die gemeente tydens sang moes aangemoedig word. Moderne musiekinstrumente moet tydens die dienste gebruik word en gewilde liedere moet die meer tradisionele liedere vervang. Die aanbiddingstyl moes aangepas word om by die kulture van die nasies aan te pas. Die Liturgiese gedeelte van die Vatikaan II-dokument, Volume I, kan as volg opgesom word:

Maak die kerke gewoond aan fees-terminologie en die feeskonsep. Elke funksie van die kerk word n viering… Maak die kerke daaraan gewoond om n vernieude styl van feestelike diens te aanvaar… Onderdrukking van inhibisies…  Baie fisiese gebare, liggaamshoudings en bewegings. Maak dat sang en musiek-vieringsdienste die mees effektiewe vierings is. Gebruik gewilde godsdienstige liedere en bring musiek in wat by die verskillende kulture en temperamente van die mense pas. 1

In die Vatikaan II dokument verklaar die gedeelte oor Musiek in die Liturgie:

Ten einde die getroues toe te laat om meer gewillig aktief deel te neem en met groter voordeel, is dit paslik dat die formaat van die viering en die graad van deelname so veel as moontlik gevarieer word na gelang van die plegtigheid van die dag en die aard van die gemeente wat teenwoordig is… Die deelname in die Viering moet innerlik wees, maar aan die ander kant ook uiterlik, met ander woorde, om die innerlike deelname deur gebare en liggaamshoudings uit te beeld. Deur uitroepe, response en sang. 2

Emosionaliteit is ’n integrale deel van hierdie tipe aanbidding. Dis nie dat daar iets verkeerd is met emosies nie, maar dit is wanneer emosies die plek van waarheid en rasionele denke inneem dat hulle nie vertrou kan word nie. Die Kategismus van die Rooms-Katolieke Kerk voeg by die bogenoemde stellings van Vatikaan II die volgende:

  1. Sang en musiek vervul hul funksie as tekens al meer namate hulle naby verwant is… met die liturgiese aksie volgens drie hoofkriteria: die skoonheid sprekend deur gebed, eenvormige deelname van die gemeente op bestemde tye, en die gewyde karakter van die viering. Op hierdie wyse neem hulle deel in die doel van die liturgiese woorde en aksies: die eer van God en die heiliging van die getroues: ‘Hoe het ek net nie geween nie, diep geraak deur jou gesange, liedere en die stemme wat deur jou kerk weerklink het! Watter emosie het ek nie daardeur ervaar nie! Die geluide het in my ore gevloei, en het die waarheid in my hart gevestig. n Gevoel van toewyding het deur my gestroom en trane het teen my wange afgerol trane wat my goed gedoen het.’ 1158. Die harmonie van die tekens (sang, musiek, woorde en gebare/aksies) is al hoe meer effektief en belonend wanneer dit uiting vind in die kulturele rykheid van die kinders van God wat vier. 3

Die woord “viering” word oor en oor in hierdie dokumente herhaal en emosionaliteit het ’n hoë prioriteit. Die gevaar is dat liturgie (kerk-formaat  en aktiwiteite anders as die prediking van die Woord) so alomvattend kan word dat dit die Woord van God vervang. Sang, responsiewe lesings, musiek en lofprysingsaktiwiteit kan die plek van Woord-gebaseerde godsdiens inneem en sodoende ’n vorm van godsaligheid tot gevolg kan hê sonder die voeding van die Hemelse Brood.

In dieselfde dekade wat Vatikaan II ekumeniese denke verander het, het die Christelike kerke ’n dramatiese ‘herlewing’ beleef. Die charismatiese beweging, wat sy eerste verskyning teen die eeuwisseling (laat 1890’s en vroeë 1900’s) gemaak het, het soos ’n veldbrand deur die Verenigde State van Amerika en die res van die wêreld versprei. Die Pinkster-beweging het egter steeds die Rooms-Katolieke Kerk met agterdog bejeën, aangesien hulle nie met hierdie gees van vernuwing geseën was nie. Teen 1965 skryf Erwin Prange egter:

ek het onlangs n Rooms-Katolieke, Episkopale en die Lutherse retraite besoek… ek is oortuig dat die basiese betekenis van die charismatiese vernuwing die hereniging van die kerke is. 4

In 1967 het die fakulteit en studente van die Katolieke Notre Dame Universiteit in Pittsburgh, Pennsylvania (onder beheer van die Heilige Gees Vaders) gebid vir die gawe van die ‘Heilige Gees’ en tydens een van hul byeenkomste het honderde van die navolgers van die Katolieke geloof ontvang waarvoor hulle gevra het, en die Katolieke Charismatiese Beweging is gebore.

Pous Paulus VI het aanvanklik onder druk verkeer om die charismatiese beweging binne die Rooms-Katolieke Kerk te veroordeel, maar in 1975, tydens ’n massa-byeenkoms van 25 000 mense (waarvan 10 000 buitelanders was) te St. Peter’s Plein in Rome, het Pous Paulus VI die geestelike ontwaking aangeprys. Die joernaal Christianity Today berig op 6 Junie 1975:

Biskoppe, aartsbiskoppe en kardinale het gesukkel om hul musse in hul plek te hou soos hulle in vervoering gesing en gedans, mekaar omhels en hul arms opgelig het na die hemel. Pous Paulus VI se toespraak was deurspek met uitroepe van ekstase.

Sedert die stigting van die charismatiese beweging binne die Rooms-Katolieke Kerk, het die Protestante en Ortodokse kerke hul houding jeens die Katolieke verander na een van aanvaarding. Colin Buchanan skryf dat:

Die tevoorskynkoming van die Kerk van Rome as vennoot in die ekumeniese besprekings, en die impak van die charismatiese beweging, het die ekumeniese verhouding totaal verander. 5

David du Plessis het in die vroeë 1950’s gedink dat God hom, as sekretaris van die Pinkster Wêreld Konferensie, geroep het om met die Wêreldraad van Kerke kontak te maak.  Daaropvolgend het hy ’n leiersrol in ekumeniese sirkels gespeel. Sedert die 1960’s was die indringing van die Pinksterbeweging in ouer Protestantse en Ortodokse denominasies, dramaties van aard.  James Dunn skryf:

Die aanvaarding van Pentekostalisme deur die leiers van die Wêreldraad kenmerk die eerste keer dat die meer tradisionele Christendom in opregtheid hierdie meer entoesiastiese vorm van geloof en aanbidding verwelkom het as n ware en belangrike uitdrukking van Christelikheid. Voorheen was sulke vorms van die Christenskap óf vervolg óf in staat om te groei slegs buite die georganiseerde kerk. Nou het die charismatiese kerk baie van die keerwalle en mistastings aan beide kante, afgebreek. Dit het versprei oor al die tradisionele stande van die samelewing en geestelikheid, en die Katolieke Pentekostalisme in besonder, het n kaliber van geleerdheid en respek vir outoriteit, die sakrament en tradisie wat voorheen in die klassieke Pentekostalisme ontbreek het, ingetrek… baie leiers van nasionale kerke het verskuif van ’n omsigtige ‘Geen kommentaar’ na die siening dat die charismatiese beweging die beste hoop op herlewing was vir die kerk in die laaste dekades van hierdie eeu. 6

Dit is interessant om daarop te let dat Katolieke Pentekostalisme gelei het tot ’n groter mate van ontsag vir pouslike gesag, verhoogde verheerliking ten opsigte van Maria en verskansing van Katolieke leerstellings. Die herlewing en fenomenale groei van die kerk in die laaste paar dekades is, volgens Padilla, deel van ’n veel breër herlewing van godsdiens wat regoor die wêreld plaasvind.

Bewys van hierdie herlewing sluit onder andere in die wyse waarop okkultisme en Asiatiese gelowe begin floreer het in die Weste, die herlewing van Islam in sommige gebiede in Afrika, Maleisië en Pakistan, tesame met die oplewing van Boeddhisme in Thailand, Viëtnam, Kambodja, Burma en Sri Lanka, van Hindoeïsme in Indië en Shintoïsme in Japan en die vitaliteit van Spiritisme in Brasilië en van Sokka Gakkai in Japan. 7

Professor Hollenweger van Birmingham Universiteit sê:

Die charismatiese beweging het n enorme potensiaal gehad om vertroue te wen en om die wantroue wat tussen die strydende groepe bestaan, te vernietig om sodoende n platform daar te stel waardeur mense openlike en eerlik kon gesels sonder om gepolariseer te word… deur Rooms-Katolieke en Protestante bymekaar uit te bring, het die charismatiese beweging alreeds wonderwerkeverrig. 8

Pentekostalisme het oor die wêreld versprei soos ’n veldbrand en teen 1996 het godsdiensverslae rakende hierdie verskynsel die volgende daaroor te sê gehad:

Tienduisend Charismate en Pentekostaliste het gebid, gesing, gedans, hande geklap en gejuig onder die gemeenskaplike band van die Heilige Gees tydens n vierdag ekumeniese konvensie verlede somer… Bykans die helfte van die deelnemers aan die kongres oor die Heilige Gees en Wêreld Evangelisasie wat gedurende 26 tot 29 Julie in Orlando, Florida gehou is, was Katolieke… ‘Die Heilige Gees wil die muur tussen Katolieke en die Protestante afbreek,’ het Vinson Synan, Teologiese Dekaan van Pat Robertson se Regent Universiteit en Voorsitter van die Kongres, gesê.  9 

Aangesien die Heilige Gees in alle waarheid lei, kan daar geen kompromis met die leuen wees nie. Daarom is dit van kardinale belang dat ons die funksie van die Heilige Gees sorgvuldig moet bestudeer, sowel as hierdie verskynsels soos buitengewone genesings en die praat in tale wat aan die Gees toegeskryf word. Voldoen die Pentekostalisme beweging aan die Bybelse kriteria met betrekking tot die manifestasies van die Gees?

Die Charismatiese Beweging en die Gawes van die Gees

Charismatiese kerke onderskryf grootliks die Futuristiese dispensasionalistiese siening van profetiese interpretasie en die gawes van die Gees speel ’n groot rol in hul aanbidding, veral die gawe van praat in tale, wat in baie charismatiese groepe benadruk word. Die gawe van tale word inderwaarheid dikwels beskou as ‘n spesiale manifestasie van die werking van die Heilige Gees in ’n mens se lewe en dit word opreg nagestreef. Buitengewone manifestasies van hierdie ondervindings kan tesame met ander manifestasies ondervind word soos om te val in die Gees, en dít kan gekoppel word aan genesingsondervindings. Duisende gelowiges en ongelowiges word na genesingseremonies gelok en hulle kan hierdie mag ervaar, selfs al het hulle geen sodanige vorige godsdienstige ondervinding gehad nie en al kom hulle uit ’n ateïstiese agtergrond. Dit is waar dat lewens dikwels deur hierdie ondervindings verander word en dat alkoholiste en dwelmverslaafdes van sulke dienste kan wegstap as ‘nuwe mense.’ Dit lei tot meer en meer bekerings en dit is die rede vir die snelle groei van die beweging.

Wat is die Bybelse kriteria vir die werking van die Heilige Gees en hoe vergelyk dit met wat in die charismatiese beweging aan die gebeur is?

Die Heilige Gees in die Skrif

Jesus het aan Sy dissipels gesê:

As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Johannes 14:15-17.

Liefde vir God dra vrugte van gehoorsaamheid. “As julle my liefhet, bewaar my gebooie.” Die Heilige Gees is beloof aan diegene wat in harmonie met God se Woord wil leef, en die Gees vertroos en openbaar waarheid aan hulle. God wil graag die hele mensdom red, maar die mens moet in die lig wandel wat aan hom openbaar is, en aanvaar dat verlossing in Jesus Christus gesetel is.

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Johannes 3:16.

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde. 1 Johannes 1:7.

Weereens is daar die voorwaardelike aspek verbonde aan verlossing wat na vore tree: “’as’ ons in die lig wandel.“ Die Heilige Gees wat die mens vir diens voorberei, word geskenk op voorwaarde van gehoorsaamheid.

En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is. Handelinge 5:32. (Klem bygevoeg.)

Bekering beteken om weg te draai, om nie verder die lewe te lei wat ’n mens voorheen gelei het nie, om weg te keer van die sonde, wat die oortreding van die wet is. Ten einde deur God gebruik te word en met die Heilige Gees gevul te word, moet die mens eers oortuig word van sy sondigheid en sy behoefte vir verlossing, en hierdie oortuiging word dan ook deur die werkinge van die Heilige Gees teweeggebring.

Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel. Johannes 16:7-8.

Ons moet bewus wees van ons sondige toestand sodat ons die oplossing vir die probleem kan soek in die enigste Een wie ons van ons sonde kan red en met Sy geregtigheid beklee ten einde nie in die finale oordeel te kom nie. Dit is die evangelie in ’n neutedop. Hoe verbasend dat die gewilde leringe van vandag hierdie vereiste tot niet wil maak en in die plek daarvan word ’n ander evangelie van populêre humanisme geleer in terme waarvan dit nie nodig is vir die mens se eiewaarde om van sonde oortuig te wees nie. In teenstelling met die eenvoudige lering van die Skrif, sê Robert Schuller die volgende:

Ek glo nie dat enigiets in die naam van Christus of onder die banier van Christendom gedoen is wat meer vernietigend vir die menslike persoonlikheid blyk te wees nie en derhalwe meer teenproduktief vir Evangelisasie as die kru, onbeskofte en onchristelike strategie om mense van hul verlore en sondige staat bewus te maak. 10

Ons moet weet wat verkeerd is alvorens ons dit kan herstel deur Sy krag, ten einde tot die gehoorsaamheidsverhouding terug te keer. Christus versterk ons teen versoekings.

Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, n bewerker van ewige saligheid geword. Hebreërs 5:8-9

Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as ’n slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. 1 Samuel 15:22.

Die Heilige Gees sal ons leer en herinner aan die Woord van God sodat ons effektiewe voorbeelde en getuies vir Hom kan wees.

maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Johannes 14:26.

Die gawes van die Gees was dus gegee om ons terug te bring in ’n harmonieuse verhouding met God en om die evangelie uit te dra.

  1. Die Heilige Gees sal individue bring tot belydenis van sonde en hulle lei tot ’n voller en beter begrip van die waarheid omtrent God en Jesus Christus. (Lukas                         24:46-49; Johannes 14:16; Handelinge 4).
  2. Die vervulling is om tot voordeel te strek van diegene wat die kerk ingebring word deur die evangelie se getuienis. (Johannes 17:20; Handeling 2:38, 39, 46,                    47).
  3. Die gawe van tale was gegee om die evangelie aan die verskillende taalgroepe oor te dra. (Handelinge 2:2-11, 43). In beide Handeling 2 en Handelinge 19             merk ons dat die tale en profesie verwant is en beide dien dus om die                     evangelie oor te dra.
  4. Die gawes was gegee om eenheid binne die kerk te bewerkstellig. (1 Korinthiërs 12:18-27.
  5. In die lys van die geestelike gawes (Romeine 12:6-8; 1 Korinthiërs 12:8, 28- 31; Efesiërs 4:11) is dit slegs die gawe van profesie (om die evangelie uit te                      dra) wat in al vier gevalle genoem word en die gawe van tale word slegs een         keer gemeld in 1 Korinthiërs – waar dit laaste op die lys is.                                                 

Die Geskiedkundige WAARHEID van Spreek in Tale

Ekstatiese taalgebruik was ’n algemene gebruik in die paganistiese tempels. Dit was goed gegrond in antieke Byblos (1100 v.C.), en Plato (429 – 347 n.C.) noem dit as ’n verskynsel in sy tyd. Plato meld dat ’n persoon onder goddelike invloed spraak gepaardgaande met visioene ontvang het, wat nie deur die ontvanger verstaan was nie en deur uitlêers vertolk moes word. Hierdie uitsprake het soms gepaard gegaan met die fisiese genesing van die omstanders. Virgil (70 – 19 v.C.) sê dat die Sibylline priesteres, wanneer in gebed, haar gees met dié van Apollo verenig het en dan het sy in vreemde tale gepraat. 11

Glossolalia word gedurende die vroeë kerk periode vermeld, en Irenaeus (114 – 202 n.C.) spreek hom uit in sy werk, Against Heresies, teen die misbruik van die profetiese gawe wat dikwels lei tot hewige emosies en verlies van sedelikheid. In die vroeë tye was die gawe van tale gesien as die gawe om die evangelie in ’n vreemde taal bekend te maak. Origen (185 – 254 n.C.) skryf van Paulus se gawe van tale wat hy in 1 Korinthiers 14:18 noem, dat dit die gebruik van bekende tale is ten einde die evangelie aan ander oor te dra.  Hy skryf:

Aangesien enigiemand die kennis van tale kan ontvang, nie vir homself nie, maar ten behoewe van hulle tot wie die evangelie oorgedra word, word hy skuldenaar aan almal wie se taal God aan hom duidelik gemaak het.

Teen die vierde eeu is daar geen rekord van glossolalia in die kerk nie. Die hervormers het geglo dat tale verwys na bekende tale. Luther verwys daarna dat om te vertaal die gawe is om vanaf een bekende taal na ’n ander bekende taal te vertaal. Calvyn se studie oor tale is ook alomvattend en in lyn met die hervormers se siening. 12 Wesley het ook geglo dat tale  slegs buitelandse tale is.

Die Moderne glossolalia het sy oorsprong by die volgelinge van Edward Irving, 1792 – 1834.  Gedurende die jare van die Burgeroorlog, het godsdienstige emosies hoog geloop en was die “Innerlike Lig van die Gees” beskou as die opperste standaard, wat die Bybel onderdanig aan die uitinge van die Gees gemaak het. Die Bybel leer egter duidelik dat die Woord die standaard is waarvolgens die waarheid beoordeel moet word en dat die Gees in harmonie daarmee moet wees. Hierdie beweging het geglo dat die “Tydperk van die Wet” verloop het en die “Tydperk van die Gees” aangebreek het. Geloof het ’n saak van gevoel, mag en genot geword en verskillende vertolkings van die evangelies, soos die dispensasieleer, het die kerk binnegesluip.

Supernaturalisme (die leer aangaande die bonatuurlike) het die belangrikste geword en het bo die logika en die wil uitgestyg. Hierdie predikers beskryf in hul dagboeke hoe hulle sou sing en dans en ekstatiese uitinge sou maak terwyl hulle onder die invloed van die Gees was. George Tarter skryf:

Ek was op die mees aangename wyse meegevoer en was gedwing om singend en fluitend te lê; en dan om tussen een uur en twee uur uit my bed uit op te staan om te dans.  En so het ek aangehou om te sing en te dans vir twee ure lank volgens die horlosie… en die rede dat ek gekyk het hoe lank ek sing is omdat ek (oorval met vreugde) gesing het “crie ha ha tall; toll lall derab la loll; la dero tall derall tall toll dero tall aroll atoll loll loll dero” op so n wyse het ek uitgebars… ek het daarna verlang dat my broeder wat saam met my gelê het, bo-op my moet lê, en hy het, om te kyk of ek nog ruk en ek het soveel beweeg dat hy my nie kon kry om stil te lê nie… ek het hom geskud asof hy in n wiegie was. 13

Toe Irving se volgelinge in Engeland glossolalia ervaar het, het die Mormone onder Joseph Smith in die Verenigde State van Amerika ook in vreemde tale begin praat.

Vader Smith sou een of ander ongeletterde broeder roep om op te staan en in tale in die naam van Jesus Christus te praat. Die bevel is gegee… staan op jou voete en maak n geluid, gaan voort en maak geluide van een of ander aard en die HERE sal n taal of tong daarvan maak. 14

Brigham Young het ook in vreemde tale gepraat en het sy eie boodskap vertolk. 15

Die moderne Pinksterbeweging het uit die “Holiness Movement” van die laat negentiende eeu ontstaan. Die Kentucky Revival (Kentucky Herlewing) was gekenmerk deur ’n gevallery, rukkings, rollery, heen en weer hardloop, gekerm, applous, heilige lag en blaf-oefeninge.  Dieselfde manifestasies word ook ondervind in die heidense religieuse rituele en voorvader-aanbidding. In Voodoo rituele en baie Afrika rituele, het die slaan van dromme ’n tipe van hipnose tot gevolg wat die “mindere god” in staat stel om beheer van die persoon oor te neem en hierdie gebeurtenis gaan gepaard met ekstatiese taalgebruik. In sommige rituele word dwelmmiddels gebruik om individue by te staan om ’n staat van veranderde bewustheid te bereik wat nodig is vir die manifestasies. Hoe, in die lig van die voorafgaande, onderskei ’n mens tussen die ware gawe van die Gees en die vals gawes van die gees?   Te meer, gesien in die lig van die waarskuwings aangaande die vals manifestasies van die “Gees” aan die einde van tyd, is die enigste veilige uitweg sekerlik om die Skrif te bestudeer.  Die “Krag van God” is ’n tema wat sentraal tot die charismatiese herlewing is. In hul geskrifte en verslae verwys hul dikwels na hulself as “Mense met Mag.”  In sy boek In His Presence van E.W. Kenyon gee hy ons ’n blik op wat dit beteken. Hy skryf:

Om te weet dat die nederlaag reeds aan hom toegedien is deur ons Plaasvervanger, en tot ons krediet aangewend is sodat in die rekords van die hemelse hooggeregshof van die heelal, ons die meesters van Satan is, en dat Satan erken dat in die naam van Jesus, ons sy meesters is wanneer die hart dit weet soos die liggaam hitte en koue  ken, dan is geloof onnodig… Ons weet dat God self vir Satan en al sy mag onder ons voete plaas en word ons deur die Vader en deur Satan beskou as meesters van die dominium van die duisternis… Ons neem Jesus se plek in… Hy het gekom om die werke van die vyand te vernietig.  Ons voltooi daardie werk wat Hy begin het… Jy is n oorwinnaar; Hy het jou een gemaak; raak daaraan gewoond, sodat jy die rol kan vertolk. 16

Hierdie is ’n halwe waarheid aangesien slegs Christus hierdie oorwinning kan behaal. Die mag behoort slegs aan Hom en slegs deur Hom word dit in Sy kinders gemanifesteer. Die Skrif verklaar dat Christus hierdie oorwinnaar sal wees en dat die vernietiging van Satan sal plaasvind nadat Christus hierdie oorwinning behaal het.

Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.1 Korinthiers 15:25.

Wat is die mens, dat U aan hom dink…  hom oor die werke van u hande aanstel.   Alle dinge het U onder sy voete gestel.  Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; maar ons sien Hom, naamlik Jesus… Hebreërs 2:6-9.

En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen. Romeine 16:20.

 

“Spoedig” verwys na die tyd wanneer die stryd by die wederkoms van Christus beëindig sal word. Kenyon gaan voort met sy analise:

Hy het ons gemaak om saam met Hom in die hemele te sit; dus sit ons verteenwordigend op die troon saam met God… As die hoof verheerlik word, dan word die liggaam ook verheerlik… As Hy al die magte van die duisternis oorwin het en hul verlam en gebroke gelaat het voor Hy uit die dood uit opgestaan het, dan is dit asof ons daardie groot werk vermag het… Daardie gesag en vermoë behoort aan die gelowige… Die herskape mens is bo-natuurlik… Hy is supermens. 17

Voordat ons ons plek op die troon kan inneem, is daar ‘n werk van oorwinning wat ons moet doen.

Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Openbaring 3:21. (Klem bygevoeg.)

Dis duidelik dat daar ’n klemverskuiwing plaasgevind het vanaf Christus na die gelowiges en dit kan die deur oopmaak vir groter en groter manifestasies van die “Gees” ten einde die siel tevrede te stel. Dit het inderdaad ook al gebeur en tydens die aand van 20 Januarie 1994, toe ’n gemeente van ongeveer 450 persone bymekaargekom het by die klein Vineyard-kerk in Toronto, Kanada, het hulle in onbeheersde gelag uitgebars. Hierdie soort van aanbidding het binne maande na al die kerke regoor die wêreld versprei, selfs sover as die Tjeggiese Republiek, Kambodja en Indonesië. In Brittanje alleen het 3500 kerke “in die HERE gelag.”  Die “gelag in die HERE”-fenomeen het gelei tot ’n staat van ‘dronkenskap’ waartydens uitwendige fisiese manifestasies algemeen was. Dronkenskap, gebewery, diepe gesnik sowel as genesings is algemeen by sulke byeenkomste. Hierdie gebeure is geloof as die groot uitstorting van die Gees, en tog waarsku die Bybel:

   Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan. 1 Korinthiërs 14:40.

Aangesien die Bybel waarsku dat die finale verheerliking van die man van sonde moontlik gemaak sal word deur vals tekens en wonders, moet die charismatiese herlewing aan ’n sorgvuldige ondersoek onderwerp word, omdat hierdie beweging een van die maniere is waardeur die mure tussen die Rooms-Katolieke Kerk en die Protestante afgebreek word.

en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak. Hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo 2 Thessalonicense 2:8-11.

Dit moet weer eens benadruk word dat kragtige misleiding deur God “gestuur word” in die sin dat Hy dit nie verhoed nie. Dit is Sy toelatende wil, aangesien Hy niemand versoek nie.

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as hy die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders. Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Jakobus 1:13-17.

Tekens en wonders kom voor oor alle godsdienstige grense; dit wissel van melk-drinkende ikone in Hindoeïsme, manifestasies van ligte in Boeddhisme, verskynings en hemelse geskrifte in Islam, tot tekens tydens die Mis-bediening, verskynings en fisiese manifestasies in Katolisisme.

In Rooms-Katolieke Kerke en gebiede is daar ’n sterk oplewing van tekens en wonders.   Beelde huil bloed, olie of trane, Mis-wonderwerke vind plaas (hosties wat in vlees en bloed verander), verskynings van Maria kom al hoe meer voor en profete en stigmatiste (mense wat die merke van Jesus se kruisiging aan hul liggame het) word ’n prominente verskynsel in Katolieke kerke. Sommige van hierdie verstommende gebeure is onlangs in die boek The Thunder of Justice (met ’n voorwoord deur die bekende Katolieke teoloog Malachi Martin wat dus aan die boek amptelike goedkeuring verleen) uitgelig. In hierdie publikasie bevestig “Maria” die prominensie van die pousdom en sy bevestig ook dat die groot gebeure van die laaste dae op hande is. Die posisie van Maria en haar rol in die verlossingsplan word baie prominent gemaak, soos gesien kan word in die verskillende titels wat aan haar toegedig word:

Titels van Maria in ons Tyd

Profetes van hierdie Laaste Tye

Die Onbevlekte Ontvangenis

Moeder Van die Kerk

Maria as die Nuwe Eva

Koningin van die Hemel en die Aarde / Koningin van Vrede

Die Hemelvaart

Koningin van die Heilige Rosekrans

Koningin en Moeder van Families

Maria as Mede-Verlosser, Middelares en Advokaat

Ons Dame van alle Nasies

Verbondsark van die Nuwe Verbond

Moeder van die Wederkoms

Die titels van Mede-Verlosser, Middelares en Advokaat maak dit duidelik dat hierdie verskynings nie van die troon van God afkomstig is nie en die Bybel is baie duidelik wat dit aanbetref, aangesien dit nie in harmonie met die Woord van God is nie.

Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle n volk wat geen dageraad het nie. Jesaja 8:20.

Maria-verskynings kom inderdaad meer gereeld en wêreldwyd voor en interessant genoeg, heel dikwels hou hulle verband met glossolalia en gepraat in tale. In hierdie verband het CNN News Flash (Maandag, 19 Desember 1996 om 9:12 vm.) berig dat die beeld van die Maagd Maria op die voorste venster van ’n gebou in Florida voorgekom het. Dit het op TV die reënbooggekleurde verskynsel op die venster gebeeldsend, met Maria wat die baba Jesus vashou, soos dikwels op Katolieke katedrale uitgebeeld word. Die berig het gesê: “Dit was angswekkend om te aanskou. Massas, met rosekrans en kruis in die hand, het voor die gebou aangesluit in aanbidding van hierdie verskynsel, terwyl andere weer in vervoering van tale en glossolalia uitgebreek het.”

Pinkster en Praat in Tale

Jesus het die dissipels belowe dat hulle die krag van Bo sal ontvang wat hulle sou toerus vir die werk van die evangelie.

hierdie tekens (sal) volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek. Markus 16:17.

En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. Lukas 24:49.

Die Griekse woord vir krag is “dunamis,” wat krag of bevoegdheid of vaardigheid beteken.  Hierdie bevoegdheid moes vir ’n doel aangewend word en hulle het dit met Pinkster ontvang toe die Heilige Gees hulle daarmee gevul het. Ons lees in Handelinge 2:

En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. Handeling 2:4.

Hierdie bemagtigingsgawes was gegee met Pinkster, 50 dae na die Pasga. Pinkster was die herdenking van die gee van die wet wat die voorwaardes van die verbondsverhouding tussen God en Israel uitgespel het. Na die offer van die ware Pasga-lam, Jesus Christus, is die kinders van God nou bemagtig om die evangelie uit te dra. Die gebeurtenis het die dissipels  omskep van angsvolle gelowiges in ware soldate van Christus en hulle het die evangelie met krag verkondig. Toegewyde Jode van elke nasie was teenwoordig toe die gawe van tale aan die dissipels gegee is.

En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek. Handelinge 2:6. (Klem bygevoeg.)

En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? Handelinge 2:8.

Handelinge 2 openbaar dat 17 tale in Jerusalem verteenwoordig was en al die mense het gehoor hoe hulle in hul eie taal aangespreek word (Grieks – idios dialektos), hul eie moedertaal waarin ons gebore is. Dit impliseer meer as net om die taal te kan praat, dit het selfs die ambiance van die kulturele agtergrond ingesluit. Nadat dit die multinasionale aard van die luisteraars herbevestig het, verklaar die Bybel ook waaroor hulle gepraat het – die wonderlike werke van God.

Kretense en Arabiereons hoor hulle in ons eie taal praat oor die groot dade van God spreek. Handelinge 2:11.

Die gebeurtenis het die profesie van Jesaja 56:3-6 tot vervulling gebring, waar God belowe het dat nie slegs Israel in ’n verbondsverhouding met Hom sal staan nie, maar mense van alle nasies wat Hom sou gehoorsaam en Sy Sabbatte sou eer en Sy verbond sou onderhou.

En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is n droë boom nie. Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond: Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure n gedenkteken en n naam gee wat beter is as seuns en dogters; n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.  En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te weeselkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal n huis van gebed genoem word vir al die volke. Jesaja 56:3-7.

Die gawe van tale was derhalwe duidelik ’n gawe van kommunikasie; die dissipels kon kommunikeer in die tale van die ander nasies, en die gawe was bedoel om die verspreiding van die evangelie te bevorder aan al diegene wat voorheen deur die Jode daarvan uitgesluit was. Toe Petrus die visioen (wat in Handelinge 10 opgeteken is) van die laken wat met allerhande (onrein) diere gevul was, ontvang het, het hy gewonder wat die doel daarvan was toe hy geroep is na die huis van Cornelius, wat nie ’n Jood was nie en deur Jode as onrein beskou was. Die visioen is aan Petrus gegee om aan hom te toon dat hy geen mens as onrein mag beskou nie:

En hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir n Joodse man om met iemand van n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. Handelinge 10:28.

Terwyl Petrus met die mans gepraat het, is die Heilige Gees op hulle uitgestort en hulle het die gawe van tale op dieselfde manier as die dissipels ontvang. Daar was dus geen verskil op die wyse waarop die gawe in die Jode sowel as die heidene gemanifesteer is nie.

En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:  Niemand kan tog die water keer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? Handelinge 10:45-47.

Die gawe van tale was nie altyd onder die gawes wat deur die Gees gegee is nie, want dit is God wat bepaal wie watter gawe ontvang.

Hoe die Gawes Werk

En wat die geestelike gawes betref broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. 1 Korinthiërs 12:1-2.

Aangesien paganisme grotendeels ’n ervaringsgodsdiens is van rituele en herhalings van aksies, was daar nie veel bewussynsfunksies by betrokke nie; ‘n mens het gedoen wat die ritueel voorgeskryf het. Paulus wil egter hê dat die nuut-bekeerde Christene die funksie van die gawes van die Gees moet verstaan. Boonop, in die heidendom het die mens die guns van verskillende gode opgesoek na gelang van die omstandighede rakende ’n versoek. Paulus wil dit duidelik maak dat daar verskillende gawes is, maar dat hulle almal gegee word deur dieselfde Gees van God. Verder word die gawes so verdeel dat die liggaam as ’n geheel daardeur bevoordeel word – nie almal ontvang dieselfde gawes nie.

Daar is verskillende gawes, maar dieselfde Gees. So is daar ook ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dieselfde HERE. Daar is ook verskillende werkinge, maar dis dieselfde God wat alles in almal bewerk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat vir almal voordelig is.

Want aan die een word deur die Gees n woord van wysheid gegee, en aan die ander n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan n ander werkinge van kragte, aan n ander profesie, aan n ander onderskeiding van die geeste, aan n ander allerhande tale, aan n ander uitleg van tale. 1 Korinthiërs 12:9-10.

Die gawes word ook uitgedeel soos God dit wil, en nie soos die mens dit wil nie.

Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. 1 Korinthiërs 12:11-12.

Gesien in die lig van hierdie teksverse, is dit nie vir die mens om aan God voor te skryf watter gawe hy of sy graag sou wou ontvang nie. Dis duidelik dat die gawe van tale aan sommiges gegee was en nie aan ander nie en dis nie die mens se prerogatief om God se arm in hierdie verband te draai nie, nog minder om die spreek van tale as toets te bepaal as aanvaarding van die persoon deur God. Die liggaam vorm ’n harmonieuse geheel en nie een gedeelte daarvan is van groter belang as die ander nie. God besluit wie wat doen.

Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het…. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie… En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? 1 Korinthiërs 12:18, 21, 28-30.

Die onderliggende beginsel wat deurskemer in alles wat God vir Sy kinders gee, is liefde.   Die liefde styg bo alles uit en is nooit selfsugtig nie. Die gawes van God is derhalwe nie vir selfsugtige doeleindes geskenk nie, maar word gegee sodat almal daardeur bevoordeel kan word. Om ander te bevoordeel is soos ’n twee-snydende swaard en as ons ander se voordeel soek, sal ons self ook bevredig word. Die beginsel van liefde sal lei tot ootmoedigheid en nie na eie-belang nie.

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek n klinkende metaal of n leidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie. 1 Korinthiërs 13:1-5.

Om die beginsels in 1 Korinthiërs genoem, op te som, kan ons dus sê:

  1. Aanbidding is nie redeloos nie – 1 Korinthiërs 12:1-3.
  2. Die beginsel van bruikbaarheid vir die hele liggaam van Christus – 1 Korinthiërs 12:7.
  3. Daar is ’n eenheid en tog verskeidenheid van gawes – 1 Korinthiërs 12:10.
  4. God deel die gawes uit – 1 Korinthiërs 12:11.
  5. Daar is gelykheid en inter-afhanklikheid – 1 Korinthiërs 12:12-23.
  6. Die beginsel van onbaatsugtige liefde geld vir alle gawes – 1 Korinthiërs 13.
  7. Die Krag van God stel die vermoë daar ten einde die evangelie te versprei – Romeine 1:16.

Om Paulus se Sendbrief aan die Korinthiërs te verstaan

Paulus se eerste sendbrief aan die gemeente te Korinte is nie so eenvoudig as wat dit met die eerste opslag blyk te wees nie, en vereis sorgvuldige eksegese (of teksuitleg) ten einde die verskillende elemente te ontrafel. Die brief bevat verwysings na verskillende dokumente en getuienisse, waarvan nie een beskikbaar is vir die leser nie. Al die inligting moet dus verkry word uit dit wat beskikbaar is. Hierdie elemente sluit in:

  1. a) Paulus se eerste verlore brief aan die Korinthiërs waaraan hy hulle
  2. b) Die brief van die Korinthiërs aan Paulus wat ook nie tot die beskikking van die leser is nie.
  3. c) Chloë se mondelingse getuienis teenoor Paulus wat die toestand van die kerk aangaan.
  4. d) Aanhalings uit die geskrifte en “kennis” van daardie tyd.

Die betrokke verwysings na hierdie komponente van die sendbrief is:

  1. Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie. 1       Korinthiërs 5:9.
  2. Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het. 1 Korinthiërs 7:1.
  3. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie,     maar vir die Here; en die Here vir die liggaam. 1 Korinthiërs 6:13.

Paulus was ’n goed belese intellektueel van sy dag en hy haal aan uit Philo, Epicurus, Menander en ook pre-Gnostiese denkers. ’n Verdere voorbeeld van Paulus se analise van die denkwyse van sy tyd word in 1 Korinthiërs 15:32-33 gevind:

As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons! Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. 1 Korinthiërs 15:32-33.

Paulus se argument maak slegs sin wanneer ons die aanhalings sien, eerstens van Epicurus – “Laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!” [hierdie is beslis nie Paulus se opinie nie, dit is Epicurus wat praat!] en tweedens Menander – “Slegte gesprekke bederf goeie sedes” [hiermee sou Paulus saamstem]. 18

Paulus pak die elemente van die brief wat die Korinthiërs aan hom geskryf het, een vir een aan. Hulle was beïnvloed deur die denke en filosofie van hul tyd en hy moes hul wanopvattings regstel. Die Epikuriaanse gesegde hierbo genoem, is ’n sprekende voorbeeld.  Aangesien die filosowe van die tyd ook in die onsterflikheid van die siel geglo het, het hulle geredeneer dat die liggaam bloot ’n houer was vir die veel belangriker siel, wat dit gehuisves het. Hulle het verder geredeneer dat as gevolg van die onbeduidendheid van die fisiese liggaam, maak dit nie saak wat ’n mens eet of drink nie, want die liggaam word in elk geval weggegooi. Die Korinthiërs moes iets in hierdie verband aan Paulus geskryf het in hul brief aan hom, en Paulus, nadat hy hulle aangehaal het, wys hy hulle daarop dat hy nie saamstem met die sentimente wat hulle uitgespreek het nie: [M]aar God sal die een sowel as die ander tot niet maak,” en “[D]ie liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die HERE en die HERE vir die liggaam.” (Klem bygevoeg.)

In hierdie eerste brief aan die Korinthiërs behandel Paulus ’n aantal baie delikate kwessies. Die kerk het afgedwaal en van die dringende kwelpunte moes reggestel word. Vals leerstellings en wanpraktyke het ingesluip en Paulus spreek derhalwe sy misnoeë daaroor uit. Die brief is dus ’n brief van teregwysing en dit is verrassend het baie hierdie brief van teregwysing gebruik om leerstellings te regverdig wat eintlik deur Paulus veroordeel word.  ’n Kort samevatting van die kwessies waarmee Paulus ontevrede was en waaroor hy die Korinthiërs aangespreek en tereggewys het, volg, alvorens sy hantering van spreek in tale bespreek word.

dat daar twiste onder julle is. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus. Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop? 1 Korinthiërs 1:11-13 (Klem bygevoeg.)

omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?  Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollosis julle nie vleeslik nie? 1 Korinthiërs 3: 3-4. (Klem bygevoeg.)

Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer. Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie. 1 Korinthiërs 4:17-18 (Klem bygevoeg.)

n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit. 1 Korinthiërs 5:1-2. (Klem bygevoeg.)

Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? Dan is dit al werklik n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie? Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders. 1 Korinthiërs 6:6-8 (Klem bygevoeg.)

Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk. Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie. 1 Korinthiërs 11:21-22. (Klem bygevoeg.)

Een van die klassieke wanopvattings oor Paulus is dat hy anti-vrouens en anti-huwelik was.  Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Paulus praat met deernis van die vroue wat sy bediening ondersteun het en hy het nooit gesê dat dit nie goed is vir ’n man om ’n vrou aan te raak nie. Dit was die Korinthiërs, in hul brief aan Paulus, wat dit gesê het. Dit was ook een van die elemente van verwarrende filosofieë in die kerk te Korinte. Aan die een kant was daar die groep wat geglo het dat dit nie saak maak wat ’n mens met die liggaam aanvang nie en aan die ander kant was daar weer diegene wat gesê het dat toewyding aan God beteken dat ’n mens seksuele omgang met vrouens moet vermy, selfs in die huwelik.  Dis ’n idee van selibaatgeloftes wat uit die heidense godsdiens ingevoer is. Nadat hy uit die brief van die Korinthiërs aangehaal het, gebruik hy die woord “maar” wat sy afkeur met hul stelling aandui.  Hy gaan dan voort om die teenoorgestelde te sê as wat hulle brief te kenne gee.

Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—“dit is goed vir n man om n vrou nie aan te raak nie.”  Maar vanweë die hoerery moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie. 1 Korinthiërs 7:1-3, 5. (Klem bygevoeg.)

1 Korinthiërs 4 – Die Aanspreek van Praat in Tale

Nadat hy die kwessie van die algemene foute binne die kerk te Korinte aangespreek het, die aard en die toestaan van Geestelike gawes en die beginsel van onbaatsugtige liefde as sentrale tema van toepassing op alle Christelike ondernemings, is Paulus nou gereed om die kwessie van die misbruik van die gawe van tale wat onder die Korinthiërs voorgekom het, aan te spreek. Die hoofstuk is geskryf as ’n teenstellende parallelisme, wat beteken dat die kwessie aangespreek word in ’n parallele formaat van positiewes en negatiewes, of as teenstrydige idees. Die eksegese van 1 Korinthiërs 14, sowel as die boek van Korinthiërs as ’n geheel wat hier weergegee word, is deur P. Gey von Pittius uiteengesit. Die volle analise daarvan sal binnekort in boekvorm uitgegee word.18  Vir die doel van hierdie bespreking sal ons slegs na die basiese struktuur van die hoofstuk kyk.

Ons het nie al die besonderhede van die vrae uit die Korintiërs se brief wat Paulus beantwoord nie. Verder het ons ook nie die volle besonderhede van die afleidings en idees waarop hulle denke gebou is nie. Ons moet derhalwe aflei van die styl en die dialoog self of Paulus saamstem of nie met die sentimente wat hulle uitdruk.  Om Paulus se argumente te volg, moet ons in gedagte hou dat ons ’n stelling het wat deur ’n kontrasterende stelling opgevolg word.  Paulus gebruik ook die voegwoord “maar” of ’n soortgelyke een, om aan te dui dat hy nie met die voorafgaande stelling saamstem nie.

INDELING VAN 1 KORINTHIËRS 14

HOE DIT BEHOORT TE WEES: Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. 1 Korinthiërs 14:1.

Die liefde skryf voor dat die evangelie gepredik moet word. Nie almal is profete wat visioene van God af ontvang nie en aangesien slegs ’n paar deur God as profete geroepe is, beteken die woord “profeteer” in hierdie vers om namens iemand te praat soos om te preek of om die evangelie uit te dra.

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Want hy wat in n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 1 Korinthiers 14:2.

Paulus haal ’n gesegde of afleiding van die Korinthiërs aan. Die Bybel het slegs een vertolking vir tale en dit word in Handelinge 2 uitgespel waar dit gedefinieer word as die gawe van tale. Paulus stem nie met hierdie posisie saam nie en dis duidelik uit sy gebruik van die voegwoord “maar.”

HOE DIT BEHOORT TE WEES Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. 1 Korinthiërs 14:3.

As mense nie verstaan wat gesê word nie, dan is hul prediking van geen waarde vir die andere nie en dit oortree die onbaatsugtige beginsel van die liefde.  Profeteer, en preek die evangelie sodat ander daardeur opgehef en vertroos mag word.

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Hy wat in n taal spreek, stig homself. 1 Korinthiers 14:4a.

Diegene wat vir hulself in tale praat, oortree die beginsel van liefde. Die liefde soek nie sy eie belang nie en Paulus keur dit nie goed nie, soos gesien kan word uit die woord “maar.”  Die prediking van die evangelie is opbouend vir die kerk en spreek dus namens God.

HOE DIT MOET WEES … maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 1 Korinthiërs 14:4b.

Praat almal in tale? Natuurlik nie, aangesien Paulus alreeds verduidelik het dat God die gawes uitdeel soos Hy wil en nie soos die mens wil nie.

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Ek wens dat julle almal in tale spreek. 1 Korinthiërs 14:5a.

As God die gawes uitdeel en almal nie dieselfde gawes ontvang nie, waarom sê Paulus dat hy wens almal kon in tale praat. Paulus sê nie dat almal in tale moet spreek nie of so wens nie. Dit was waarskynlik in elk geval ’n Korinthiese kettery. In dieselfde woorde sê Paulus ook hier dat hy nie die ware gawe van tale afkeur nie. As God aan iemand ’n gawe gee, dan wil Hy hê dat daardie persoon die gawe moet hê! Paulus stem egter nie met die Korinthiërs saam soos wat hulle wil hê nie. Dit kan nogmaals gesien word in die gebruik van die voegwoord “maar.” Bowendien, die teenstellige rangskikking van stellings in die argument, help ons om die stelling in die korrekte perspektief te plaas, aangesien die negatiewe opgevolg word deur die positiewe.

HOE DIT BEHOORT TE WEES … maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. 1 Korinthiërs 14:5b.

“Maar nog liewer” wys die werklike bedoeling. Geen gawe is groter as die ander nie (1 Korinthiërs 14:4, 26) en die doel van die gawes is om die evangelie te verkondig. Die woord “uitlê” kan ook twee ander betekenisse hê en beide word in die Skrif gebruik. Die eerste is “vertaal” en die ander is om “uiteen te sit” of “te verduidelik.” Dis ook opmerklik dat die individu self die uitlegging sal moet gee (vertaal of verduidelik).

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees?  1 Korinthiërs 14:6a.

Paulus sê dat dit van geen waarde sal wees om in tale te praat as niemand voordeel daaruit sou trek nie en sy volgende stelling word weereens gevolg deur ’n negatiewe voegwoord “as.”

HOE DIT BEHOORT TE WEES … as ek nie met julle spreek òf deur ’n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie? …  So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. Daarom moet hy wat in n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 1 Korinthiërs 14:6b, 12-13.

Nuttige inligting om die kerk op te bou, is wat nodig is en iemand moet daardie inligting deur middel van ’n taal kan oordra en dit kan uitlê. Daar moes twee probleme rakende die “tale” in die Korinthiese kerk gewees het. Eerstens, die verkeerde gebruik van die korrekte gawe (die mense was opgeblase deur hul gawe en het dit verkeerdelik gebruik) en tweedens, die gebruik van onsamehangende uitlatings wat niemand geestelik kon opbou en dus geen voordeel vir die kerk ingehou het nie.

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Want as ek in n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 1 Korinthiërs 14:14.

Paulus stem nie met die stelling saam nie soos weer uit sy volgende stelling gesien kan word en hy haal dus aan uit die filosofieë van sy tyd. “Hoe staan die saak dan” wys dat hy nie saamstem met die vorige stelling nie. Vers 15 is sy opinie en vers 16 brei daarop uit.

HOE DIT BEHOORT TE WEES Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 1 Korinthiërs 14:15-1.6

 

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.  1 Korinthiërs 14:17.

Sonder die opbouing van andere strek alle dankseggings in ander tale niemand tot voordeel nie.

HOE DIT BEHOORT TE WEES Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in n taal. 1 Korinthiërs 14:18-19.

Paulus is dankbaar vir sy eie gawe van tale, maar hy wil dit nie misbruik nie.

HOE DIT NIE MOET WEES NIE Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand. 1 Korinthiërs 14:20.

Paulus herinner hulle aan sy vorige uitleg:

“Toe ek n kind was, het ek gepraat soos n kind, gedink soos n kind, geredeneer soos n kind; maar nou dat ek n man is, het ek die dinge van n kind afgelê. 1 Korinthiërs 13:11.

HOE DIT BEHOORT TE WEES In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here. Die tale is dus n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. 1 Korinthiërs 14:21-22.

Die vermoë om in tale te kan praat is ’n gawe om ongelowiges van ander nasies te bereik.  Om te profeteer of te preek is van waarde vir diegene wat glo. As die gawe van spreek in tale vir gelowiges was, sou dit nie die beginsel van onbaatsugtige liefde bevredig nie.

HOE DIT NIE MOET WEES NIE As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 1 Korinthiërs 14:23.

’n Verwarring van tale van enige aard sal tot nadeel van die evangelie strek en sal ongelowiges eerder afskrik as na die waarheid toe lei. Onsamehangende uitinge sal vir niemand tot enige waarde strek nie. Die negatiewe voegwoord “maar” benadruk weereens die korrekte wyse waarop aanbid moet word.

HOE DIT BEHOORT TE WEES Maar as almal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. 1 Korinthiërs 14:24-25.

Die aanhoor van betekenisvolle woorde sal die siel oortuig en sal dit lei tot ware bekering.

 

OPSOMMING

Hoe staan die saak dan broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging – laat alles tot stigting geskied.  En as iemand in ’n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en in beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. En die geeste van die profete is aan die profete onderwerpe. 1 Korinthiërs 14:26-32.

Hierdie is die voorskrif vir behoorlike kerk-orde.  In die kerk behoort daar aktiwiteite te wees wat tot geestelike opbouing lei. In ’n veeltalige byeenkoms is die spreek in tale toelaatbaar, indien dit op ’n ordelike wyse geskied met behoorlike vertalings daarvan. Onverstaanbare uitinge is in stryd met die Gees van God, aangesien God nie ’n gawe sal skenk wat nie tot voordeel van andere is nie. Dit is teenstrydig met Sy natuur van onselfsugtige liefde. Die fenomeen van in tale praat is huidiglik ’n wêreldwye verskynsel,19 maar die feit dat dit so ’n groot aanhang het, beteken nie dat dit in harmonie met die Skrif is nie.

want God is nie n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges. 1 Korinthiërs 14:33.

sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring. Efesiërs 4:14.

VERWYSINGS

  1. L Lloyd & Leola Rosenvold, Adventist Carnivals, p. 116
  2. Documents of Vatican II, pp. 83, 84
  3. Catechism of the Catholic Church, Artikels 1157, 1158
  4. Erwin Prange, Voice, April 1965, p.7
  5. The History of Christianity, p. 636
  6. Struik Christian Books, The History of Christianity, pp. 621, 622
  7. Ibid, pp. 621, 622
  8. Desember 1975, Dimensions
  9. W inter 1996, National and International Religion Report, Signs watch
  10. March 18, 1985, Time Magazine
  11. Great Books of the Western World, vol. 3, pp. 6-7
  12. Commentary on the Epistle of Paul the Apostle to the Corinthians, vol. 1, p. 403
  13. V.N. Olsen, The Gift of Tongues – A study of historical theology to the 18th century. In The charismatic movement – A report of the special committee meeting in camp   Cumby-Gay, Georgia, 4 tot 9 Januarie 1973
  14. C.B. Cutten, Speaking in Tongues, p. 71
  15. History of the Church of Jesus Christ of Latter Day Saints
  16. E .W. Kenyon, In His Presence, p. 92
  17. E .W. Kenyon, In His Presence, p. 93
  18. Dividing Fire, In Druk, P. Gey van Pittius
  19. Hasel, Speaking in tongues

Kyk hierdie lesing op YouTube (Engels)

Leave a Reply